8 Opregte mense sal verbaas wees hieroor en die onskuldige sal homself opwerk teen die skuldiges.
9 Die regverdige sal vashou aan sy lewenswyse en hy wat rein hande het, sal sterker en sterker word,
10 maar, wat julle almal betref, julle is valse toneelspelers; tog keer julle terug en kom na my toe, maar ’n wyse man kan ek nie onder julle vind nie.
11 Julle tydverspelers, nikswerds wat aan niks dink nie. Vernietigers van die verstand, wil en emosie van die volk.
12 Julle verander die nag na dag en julle bring die lig uit voor die donker verby is.
13 As ek wag, is Sh’ol my tuiste; ek het my bed in die duisternis gemaak.
14 Ek het vir korrupsie gesê: ‘Jy is my vader; vir die wurms: jy is my moeder en my suster.’