5 As julle julself regverdiglik teenoor my opgehef het, my bestraf en verag het,
6 weet dan dat Gód my veroordeel het en Sy net oor my uitgesprei het.
7 As ek uitroep, antwoord niemand my nie en as ek kla is daar niemand om my te wreek nie.
8 Hy het my lewenspad toegemuur sodat ek nie kan verbygaan nie en Hy het duisternis oor my paaie gestel.
9 Hy het my eer en lof van my afgestroop en die kroon van my kop af weggevat.
10 Hy het my aan alle kante vernietig en ek bestaan nie meer nie en my versekerde verwagting het hy verwyder soos ’n stukkie hout.
11 Hy het ook Sy woede teen my opgestook en tel my as Sy vyand.