1 Daar was weer ’n dag waarop die seuns van God hulleself voor יהוה kom aanbied het en die teëstander het ook saam met hulle gekom om homself voor יהוה aan te bied.
2 יהוה vra vir die teëstander: “Waar kom jy vandaan?” Toe antwoord die teëstander יהוה en sê: “Van heen en weer gaan en loop op die aarde.”
3 Toe vra יהוה vir die teëstander: “Het jy van naby gekyk na My dienskneg Iyov, dat daar niemand op die aarde is soos hy nie: ’n onskuldige en opregte man, een wat God respekvol vrees en wegdraai van die bose? Hy volhard onveranderlik in sy integriteit, alhoewel jy My teen hom aangehits het om hom te vernietig sonder rede.”
4 Die teëstander antwoord יהוה en sê: “Vel vir vel, ja, alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe, om dit te red,
5 maar steek nou U hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan en hy sal U in U gesig vloek!”
6 יהוה sê vir die teëstander: “Let op, hy is in jou mag; spaar net sy lewe.”
7 die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het Iyov met bose swere getref, vanaf sy voetsool tot die kroon van sy kop.