5 maar steek nou U hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan en hy sal U in U gesig vloek!”
6 יהוה sê vir die teëstander: “Let op, hy is in jou mag; spaar net sy lewe.”
7 die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה en hy het Iyov met bose swere getref, vanaf sy voetsool tot die kroon van sy kop.
8 Hy het ’n potskerf gevat om homself daarmee te krap en het op as gaan sit.
9 Toe sê sy vrou vir hom: “Volhard jy nog in jou integriteit? Vloek God en sterf!”
10 Hy antwoord haar egter: “Jy praat soos ’n dwase vrou praat! Ons het inderdaad God se seëninge ontvang, sal ons nie ook van Hom die slegte ontvang nie?” Deur al hierdie probleme het Iyov nie gesondig nie en ook nie kwaad teen God gepraat met sy lippe nie.Gen 36:10-19; 1 Kro 1:35,36 Bildad vanaf Shuag en Tzofar vanaf Na’amah, want hulle het saam afgespreek om hom te versterk en te vertroos.
11 Toe die drie vriende van Iyov van al die slegte dinge wat oor hom gekom het, gehoor het, het hulle ’n tyd bereken en elkeen gekom vanaf sy blyplek: Elifaz vanaf Teman,