2 Die bose verwyder die grenslyne; hulle vat ’n trop gewelddadig weg.
3 Hulle gryp die donkie van die vaderloses, hulle vat die weduwee se os as pand.
4 Die bose kruip weg langs die pad en die sagmoediges van die land kruip almal saam weg.
5 Let op, soos wilde-donkies in die woestyn gaan hulle vroeg uit, opsoek na kos vir hulle jonges.
6 Hulle sny hooi op ’n veld wat nie hulle s’n is nie en hulle maak druiwe bymekaar in die wingerd van die bose.
7 Hulle laat die naaktes bly sonder klere en hulle het geen bedekking in die koue nie.
8 Hulle is nat van die stortbuie oor die berge en druk hulself teen die rotse vas by gebrek aan skuiling.