5 Let op, soos wilde-donkies in die woestyn gaan hulle vroeg uit, opsoek na kos vir hulle jonges.
6 Hulle sny hooi op ’n veld wat nie hulle s’n is nie en hulle maak druiwe bymekaar in die wingerd van die bose.
7 Hulle laat die naaktes bly sonder klere en hulle het geen bedekking in die koue nie.
8 Hulle is nat van die stortbuie oor die berge en druk hulself teen die rotse vas by gebrek aan skuiling.
9 Hulle vat plunder met geweld af van die vaderloses en hulle verteer die armes.
10 Hulle laat hul kaal gaan, sonder klere en hulle vat brood weg by die wat honger is.Deut 27; Deut 28
11 Hulle buig onder die laste tydens die oesfees en is honger wanneer hulle die groot mandjie dra; hulle trap die parskuip, maar is dors.