8 Hulle is nat van die stortbuie oor die berge en druk hulself teen die rotse vas by gebrek aan skuiling.
9 Hulle vat plunder met geweld af van die vaderloses en hulle verteer die armes.
10 Hulle laat hul kaal gaan, sonder klere en hulle vat brood weg by die wat honger is.Deut 27; Deut 28
11 Hulle buig onder die laste tydens die oesfees en is honger wanneer hulle die groot mandjie dra; hulle trap die parskuip, maar is dors.
12 Uit die stad kerm die onderdruktes en die lewe van die gewondes roep uit; tog aanvaar God nie hulle gebed nie.1 Kor 3:11-15
13 Hulle was in God se wêreld, maar hulle het nie Sy lewenswyses geken nie en ook nie in Sy paaie geloop nie.
14 Die moordenaar staan teen dagbreek op en maak die arme en behoeftige dood en in die nag is hy ’n dief.