15 Die wat van hulle oorbly, sal in die dood begrawe word en hulle weduwees sal nie oor hulle huil nie.Yes 23:18; Spr 28:8
16 Alhoewel hulle silwer ophoop soos stof en klere versamel soos klei;
17 hulle mag dit ophoop, tog sal die regverdige dit dra en ook hulle silwer verdeel,
18 want die bose het sy huis gebou op ’n spinnerak en sy skuilplek soos ’n skerm.
19 Die ryk man sal gaan lê, maar hy sal nie weer opstaan nie; hy maak sy oë oop en hy is nie meer nie.
20 Angs oorval hom soos waterstrome en soos ’n stormwind wat waai.
21 Die oostewind sal hom wegdra in die nag en hy is weg en sal hom ruk uit sy plek,