21 Dit is verborge vir die oë van alles wat leef en weggesteek vir die voëls van die hemel.
22 Vernietiging en dood sê: ‘Ons het die verslag daarvan met ons ore gehoor,’
23 want net God ken die pad daarvan en Hy ken die plek daarvan,
24 want Hy kyk tot by die eindes van die aarde en sien onder die hele hemel,
25 want Hy het vir die wind ’n gewigmaat gemaak en die waters met ’n maat afgemeet.
26 Hy het ’n wet gemaak vir die reën en ’n pad vir die weerligstraal en donder.
27 Toe het Hy dit gesien en dit verklaar; Hy het dit gemeet en dit ook ondersoek.Spr 1-9