6 laat my op ’n akkurate weegskaal geweeg word sodat God my integriteit sou ken!
7 Ek het nie met my voete van die pad afgewyk nie en my verstand, wil en emosie het nie agter my oë aangegaan nie en ek het niks onregverdig verkry nie,
8 maar wanneer ek gesaai het, dan het ek geëet en wanneer ek geplant het, dan het ek geoes en die opbrengs bymekaargemaak
9 en as my verstand, wil en emosie verlei is deur ’n vreemde vrou of as ek gelê en wag het by my naaste se deur,
10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en by ’n ander se plek brood maak,
11 want dit is ’n skandelike oortreding, ja, so ’n oog werk ’n skelm plan uit,
12 want begeerte is ’n vuur wat verteer tot vernietiging toe en sal al my opbrengs ontwortel.