10 יהוה het aan Iyov alles herstel wat hy verloor het, toe hy vir sy vriende gebid het; ook het יהוה dubbel soveel aan Iyov gegee as wat hy voorheen besit het.
11 Toe het al sy broers en al sy susters en almal wat hom vroeër geken het, na hom toe gekom en saam met hom brood geëet in sy huis, want hulle was ontsteld oor hom en hulle het hom getroos oor al die moeilikheid wat יהוה oor hom gebring het en elke man het vir hom ’n ooi gegee en elkeen ’n goue oorring.
12 יהוה het die einde van Iyov meer geseën as sy begin, want hy het veertien duisend skape, ses duisend kamele, ’n duisend jukpaar beeste en ’n duisend donkie-merries gehad.
13 Hy het ook sewe seuns en drie dogters gehad.
14 Hy het die eerste genoem Y’mimah en die tweede K’tzi’ah en die derde Keren-Hapukh.
15 In die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Iyov nie; hulle vader het vir hulle ’n erfdeel gegee tussen hulle broers.
16 Na dit het Iyov een honderd en veertig jaar lank gelewe en hy het sy seuns en hulle seuns, selfs tot die vierde geslag toe, gesien.