6 daarom sal ek stilbly en erken en terugdraai in stof en as.”
7 Nadat יהוה hierdie woorde met Iyov gepraat het, het dit gebeur dat יהוה vir Elifaz, die Temaniet gesê het: “My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende, want julle het nie reg van My gepraat in My Teenwoordigheid soos My dienskneg Iyov gedoen het nie;
8 daarom, vat nou vir julle sewe bulle en sewe ramme en gaan na My dienskneg Iyov toe en bring vir julleself ’n brandoffer. My dienskneg Iyov sal vir julle bid, want hom sal Ek aanvaar sodat Ek nie veragtelik met julle handel nie, want julle het nie in My Teenwoordigheid dit wat reg is gepraat soos My dienskneg Iyov gedoen het nie.”
9 Toe het Elifaz, die Temaniet en Bildad, die Shuagiet en Tzofar, die Na’amahiet, gegaan en gedoen volgens wat יהוה vir hulle gesê het en יהוה het Iyov in guns aanvaar.
10 יהוה het aan Iyov alles herstel wat hy verloor het, toe hy vir sy vriende gebid het; ook het יהוה dubbel soveel aan Iyov gegee as wat hy voorheen besit het.
11 Toe het al sy broers en al sy susters en almal wat hom vroeër geken het, na hom toe gekom en saam met hom brood geëet in sy huis, want hulle was ontsteld oor hom en hulle het hom getroos oor al die moeilikheid wat יהוה oor hom gebring het en elke man het vir hom ’n ooi gegee en elkeen ’n goue oorring.
12 יהוה het die einde van Iyov meer geseën as sy begin, want hy het veertien duisend skape, ses duisend kamele, ’n duisend jukpaar beeste en ’n duisend donkie-merries gehad.