1 Toe het Iyov geantwoord en gesê:
2 “Ag, as my leed maar geweeg is en my rampe daarteenoor in die skaal gelê is,
3 dan sou dit swaarder wees as die sand van die seë; daarom word my woorde teruggehou,
4 want die pyle van die Almagtige is in my vlees en hulle gif drink my gees op; die vreeslikheid van God het my bang gemaak!
5 Balk die wilde-donkie oor die gras of bulk ’n bees oor sy voer?