4 Toe die boodskappers met dié slegte nuus in Gibea aankom, waar Saul woon, en dit vir die mense vertel, het hulle hardop begin huil.
5 Saul was juis agter ’n span osse op pad huis toe van die land af. “Wat is dit met die mense dat hulle so huil?” vra hy. Hulle vertel hom wat die manne van Jabes gesê het.
6 Toe hy dít hoor, werk die Gees van God in hom en hy word baie kwaad.
7 Hy vat twee osse, kap hulle in stukke en stuur dit deur die hele Israel met die boodskap: “Die een wat nie saam met Saul en Samuel gaan veg nie, se osse sal só stukkend gekap word.” Die mense was so bang, hulle het voor die voet kom sê hulle sal help.
8 Saul het die manskappe by Besek getel: daar was 300 afdelings Israeliete en 30 afdelings Judeërs.
9 Vir die boodskappers van Jabes is daar gesê: “Sê vir die mense van Jabes in Gilead: ‘Môre as die son op sy warmste is, kom daar hulp.’” Toe dié boodskap by hulle uitkom, was die mense van Jabes baie bly.
10 Maar vir Nagas het hulle laat weet: “Môre gee ons oor, dan kan julle met ons maak wat julle wil.”