40 Hy sê toe vir al die Israeliete: “Staan julle daar, ek en my seun Jonatan sal hier staan.” “Dis goed so,” antwoord hulle vir Saul.
41 Toe sê Saul vir die Here: “God van Israel, gee tog vir ons ’n duidelike antwoord.” Jonatan en Saul is toe geloot; die manskappe was vry.
42 “Trek lootjies tussen my en my seun Jonatan,” sê Saul. Jonatan is geloot.
43 Saul sê vir hom: “Vertel my wat jy gedoen het.” Jonatan vertel hom toe en sê: “Ek het maar net ’n bietjie heuning geproe met die punt van ’n stok. Moet ek nou daaroor doodgemaak word?”
44 Saul antwoord hom: “Jy móét doodgemaak word, Jonatan. As ek nie doen wat ek vir die Here gesweer het ek sal doen nie, sal Hy my baie swaar straf.”
45 Maar toe sê die manskappe vir Saul: “Moet Jonatan wat die Israeliete so ver laat wen het, doodgemaak word? Dit sal die dag wees! So waar as die Here leef, niemand raak aan Jonatan nie, want wat hy vandag gedoen het, het hy net reggekry omdat God hom gehelp het!” So het die manne Jonatan van die dood gered.
46 Saul het toe nie agter die Filistyne aangegaan nie, en die Filistyne het teruggegaan na hulle eie plek.