48 Hy was nie ’n bang man nie. Hy het die Israeliete vrygemaak van die Amalekiete wat hulle gedurig aangeval en hulle goed gevat het.
49 Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malkisua. Hy het ook twee dogters gehad; die oudste se naam was Merab en die jongste Mikal.
50 Saul was getroud met Aginaäm. Sy was die dogter van Agimaäs. Die naam van Saul se generaal was Abner. Abner was sy neef. Hy was Ner se seun.
51 Kis, Saul se pa, en Ner was die seuns van Abiël.
52 Solank Saul geleef het, was daar groot gevegte met die Filistyne. Daarom het Saul elke man wat kon veg en wat nie bang was nie, as ’n soldaat gebruik.