30 “Ek het gesondig,” sê Saul toe weer. “Moet my asseblief nie voor die Israeliete en hulle leiers verneder nie: kom kniel saam met my voor die Here jou God.”
31 Samuel het saam met Saul gegaan en Saul het voor die Here gaan kniel.
32 Daarna sê Samuel: “Bring vir Agag, die koning van die Amalekiete, hier.”Agag het na hom toe gegaan. Hy was ewe vrolik en het gedink: “Ek hoef nie meer bang te wees hulle sal my doodmaak nie.”
33 Maar Samuel sê vir hom: “Jou swaard het ma’s en hulle kinders doodgemaak; net so gaan jou ma ook nou sonder ’n kind wees.” Toe het Samuel daar by die altaar in Gilgal Agag se kop afgekap.
34 Samuel het Rama toe gegaan en Saul het teruggegaan na sy huis in Gibea, die dorp waar hy gebore is.
35 Samuel het nooit weer vir Saul gesien solank hy geleef het nie. Samuel het oor Saul gehuil en die Here was jammer dat Hy Saul koning laat maak het oor Israel.