10 Die volgende dag het ’n bose gees weer vir Saul beetgepak sodat hy soos ’n mal mens in die paleis tekere gegaan het. Dawid het, soos hy maar altyd gemaak het, vir hom op die lier gespeel. Saul het ’n spies in sy hand gehad.
11 Saul gooi toe die spies na Dawid. Hy wou Dawid in die muur vasgooi met die spies. Maar Dawid het twee keer weggekoes vir die spies.
12 Saul het toe bang geword vir Dawid. Die Here het vir Dawid gehelp, maar die Here was nie meer by Saul nie.
13 Saul wou Dawid toe nie meer naby hom hê nie. Hy het hom die leier van ’n groep soldate gemaak. Dawid het die soldate in al hulle veldtogte gelei.
14 Hy het oral sukses behaal, want die Here het hom gehelp.
15 Toe Saul sien hoe goed Dawid vaar, het hy nog banger geword vir hom.
16 Maar al die mense van Israel en Juda het van Dawid gehou omdat hy hulle in die oorlog gelei het.