25 Saul sê toe: “Gaan sê vir Dawid, die koning wil wraak neem op sy vyande; daarom is die enigste betaling vir die bruid wat hy wil hê, die voorhuide van 100 Filistyne.” Saul het gehoop die Filistyne maak Dawid dood.
26 Toe die amptenare vir Dawid sê wat die voorwaarde is, het hy besluit om die koning se skoonseun te word. Hy het dadelik aan die werk gespring,
27 alles reggekry, saam met sy manne uitgegaan en 200 Filistyne doodgeslaan. Dawid het al hulle voorhuide gebring en dit vir die koning gegee sodat hy sy skoonseun kon word. Saul het Mikal toe met hom laat trou.
28 Saul het self gesien en geweet dat die Here vir Dawid help en dat sy dogter Dawid liefhet.
29 Daarom was hy nóg banger vir Dawid, en solank hy geleef het, was hy Dawid se vyand.
30 Die Filistyne het baie keer teen die Israeliete oorlog gemaak, maar elke keer het Dawid beter gevaar as Saul se offisiere. So het Dawid beroemd geword.