5 Die mense wat baie kos gehad het, moet nou werk vir ’n bietjie kos, en dié wat honger was, is heeltemal versadig. Die vrou wat nie kon kinders kry nie, het nou sewe kinders, en met die een wat baie kinders gehad het, gaan dit sleg.
6 Die Here maak dood en Hy maak lewendig. Hy laat mense afgaan in die graf en Hy laat mense daaruit opstaan.
7 Die Here maak arm en Hy maak ryk. Hy verneder en Hy verhoog.
8 Hy laat onbelangrike mense uit die stof opstaan; Hy tel die armes van die ashoop af op. Hy laat hulle by belangrike mense sit; Hy gee hulle ’n spesiale plek.Dit is seker: die pilare van die aarde is die Here s’n; Hy maak die aarde daarop vas.
9 Hy help dié wat aan Hom getrou is, dat hulle nie val nie, maar slegte mense se lewe eindig in die donker. ’n Mens word nie met jou eie krag ’n held nie;
10 die Here slaan dié wat Hom teëgaan stukkend.In die hemel dreun die stem van die hoë God; die Here is regter oor die hele wêreld. Hy gee mag aan die koning wat Hy kies; Hy maak sy gesalfde sterk.
11 Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar die seuntjie, Samuel, het agtergebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp.