19 Gaan oormôre na die plek toe waar jy die vorige keer weggekruip het, dan gaan sit jy naby die Ezelrots.
20 Ek sal maak of ek na ’n teiken skiet en drie pyle in die rigting van die rots skiet.
21 Ek sal dan my wapendraer stuur om die pyle te gaan soek. As ek vir die wapendraer sê: ‘Nee man, die pyle lê nader! Bring hulle!’ kan jy maar uitkom, want dan is dit veilig. Dan is daar, so waar as die Here leef, geen gevaar nie.
22 Maar as ek vir die jong man sê: ‘Nee jong, die pyle lê verder!’ moet jy maak dat jy wegkom, want dan is dit die Here wat jou wegstuur.
23 En onthou, solank ons leef, is die Here getuie van die belofte wat ons aan mekaar gemaak het.”
24 Dawid het toe in die veld gaan wegkruip.Op die nuwemaansdag het koning Saul na die feesete toe gegaan.
25 Hy het op sy gewone plek teen die muur gaan sit. Abner het langs hom gesit en Jonatan regoor hom. Dawid se plek was leeg.