23 En onthou, solank ons leef, is die Here getuie van die belofte wat ons aan mekaar gemaak het.”
24 Dawid het toe in die veld gaan wegkruip.Op die nuwemaansdag het koning Saul na die feesete toe gegaan.
25 Hy het op sy gewone plek teen die muur gaan sit. Abner het langs hom gesit en Jonatan regoor hom. Dawid se plek was leeg.
26 Saul het daardie dag niks daaroor gesê nie, want hy het gedink: “Daar moes iets met Dawid gebeur het. Hy kon hom seker nie vir die ete gereedmaak nie en nou is hy onrein.”
27 Maar die volgende dag, die tweede nuwemaansdag, was Dawid se plek wéér leeg. Toe vra Saul vir Jonatan: “Hoekom het die seun van Isai nie gister of vandag saam met ons kom eet nie?”
28 Jonatan sê toe: “Dawid het by my toestemming gevra om Betlehem toe te gaan.
29 Hy het gesê: ‘Verskoon my, asseblief; ons familie in Betlehem het ’n familieoffer, en my oudste broer het gesê ek moet kom. As dit vir jou reg is, sal ek graag wil gaan en my familie gaan sien.’ Daarom het hy nie na die koning se ete gekom nie.”