29 Hy het gesê: ‘Verskoon my, asseblief; ons familie in Betlehem het ’n familieoffer, en my oudste broer het gesê ek moet kom. As dit vir jou reg is, sal ek graag wil gaan en my familie gaan sien.’ Daarom het hy nie na die koning se ete gekom nie.”
30 Saul het hom bloedig vir Jonatan vererg en geskree: “Jou opstandige klein sot! Dink jy ek weet nie dat jy kant gekies het vir daardie seun van Isai nie? En dit tot jou eie skande en die skande van jou ma wat jou in die wêreld gebring het!
31 Solank daardie seun van Isai leef, sal jy en jou koninkryk in gevaar wees! Gaan haal hom dadelik en bring hom hier! Hy moet doodgemaak word!”
32 Maar Jonatan sê vir sy pa: “Hoekom moet hy doodgemaak word? Wat het hy verkeerd gedoen?”
33 Toe mik Saul om Jonatan met die spies te gooi. Hy wou hom doodgooi. Jonatan het dadelik geweet sy pa het vas besluit om Dawid dood te maak.
34 Hy was baie kwaad en het van die tafel af opgestaan. Daardie hele dag het hy niks geëet nie. Hy was te ontsteld oor Dawid, oor sy pa hom wou doodmaak.
35 Die volgende môre is Jonatan saam met ’n jong seun veld toe, soos hy met Dawid afgespreek het.