38 En hy skree ook vir hom: “Maak baie gou! Moenie wag nie!”Die seun het die pyl opgetel en vir Jonatan gebring.
39 (Die knaap het niks van die hele affêre geweet nie; net Jonatan en Dawid het daarvan geweet.)
40 Jonatan gee toe sy wapens vir die seun en sê vir hom: “Vat dit terug dorp toe!”
41 Toe die seun weg is, het Dawid agter die rots uitgekom. Hy het op sy knieë gaan staan en drie keer met sy gesig teen die grond gebuig. Toe omhels hulle mekaar en huil op mekaar se skouers totdat Dawid hom regruk.
42 Jonatan sê toe vir Dawid: “Jy kan maar gaan. Jy is veilig, want ons twee het in die Naam van die Here ’n belofte aan mekaar gemaak; en die Here sal altyd sorg dat ek en jy en ons kinders daardie belofte nakom.”
43 Dawid het toe sy goed gevat en weggegaan, en Jonatan is terug dorp toe.