5 Daarop sê Dawid: “Kyk, dis môre nuwemaan, dan móét ek saam met die koning eet. Gee vir my toestemming dat ek in die veld kan gaan wegkruip tot oormôreaand.
6 As jou pa my regtig mis by die ete, moet jy vir hom sê: ‘Dawid het by my verlof gevra om dringend na sy tuisdorp, Betlehem, toe te gaan, want die hele familie kom daar bymekaar vir die jaarlikse offer.’
7 As jou pa sê: ‘Dis goed so,’ is jou getroue vriend veilig. Maar as jou pa baie kwaad word, moet jy weet hy het klaar besluit om van my ontslae te raak.
8 Jy het my met ’n belofte voor die Here aan jou gebind as jou getroue vriend. As ek enigiets verkeerds gedoen het, doen my dan die guns en maak jý my dood. Maar moet my asseblief nie aan jou pa oorgee nie.”
9 “Ek sal dit nooit doen nie,” sê Jonatan. “As ek doodseker is my pa wil van jou ontslae raak, sal ek jou vir seker laat weet.”
10 “Ja, maar wie sal vir my kom sê of jou pa ’n dwars antwoord gegee het of nie?” vra Dawid.
11 Jonatan sê vir Dawid: “Kom ons stap ’n bietjie veld toe.”Hulle twee het die veld in gestap,