1 Dawid het gehoor dat die Filistyne besig was om die dorp Keïla aan te val en die mense se koring te steel.
2 Dawid het toe deur die priester vir die Here gevra: “Moet ek hierdie klomp Filistyne gaan aanval?”Die Here het geantwoord: “Ja, gaan val hulle aan dat Keïla weer vry kan wees.”
3 Maar die manne van Dawid het vir hom gesê: “Ag nee, man! Ons het al genoeg moeilikheid hier in Juda, wat nog as ons Keïla toe gaan en die soldate van die Filistyne gaan aanval!”
4 Dawid het toe weer deur die priester die Here se raad gaan vra. Die Here het hom geantwoord: “Maak klaar en gaan af na Keïla toe, want Ek gaan die Filistyne aan jou oorgee.”