10 Dawid sê toe: “Here, God van Israel, hierdie dienaar van u het sonder twyfel gehoor dat Saul van plan is om na Keïla toe te kom en die dorp uit te wis omdat ek hier is.
11 Sal die burgers van Keïla my aan Saul oorgee? Sal Saul hierheen kom, soos ek gehoor het? Here, God van Israel, sê my asseblief wat gaan gebeur!”Die Here het geantwoord: “Ja, Saul gaan hierheen kom.”
12 Dawid vra toe weer: “En sal die leiers van Keïla my en my manne aan Saul oorgee?”“Ja, hulle gaan julle oorgee,” antwoord die Here.
13 Dawid en sy manne, omtrent 600 van hulle, het gereedgemaak en padgegee uit Keïla en van plek tot plek rondgetrek. Toe Saul hoor dat Dawid uit Keïla weggekom het, het hy nie na die dorp opgetrek nie.
14 Dawid het in veilige plekke in die veld en in die berge van die Sifwoestyn gaan bly. Saul het dae lank na hom gesoek, maar God het nie vir Dawid aan hom oorgegee nie.
15 Dawid het gesien dat Saul daarop uit was om hom dood te maak.Toe Dawid in die Sifwoestyn in Goresa was,
16 het Jonatan, Saul se seun, na hom toe gekom. Jonatan het vir Dawid gesê om sterk te wees en op God te vertrou.