5 “Vandag is die dag!” sê Dawid se manne vir hom. “Die Here het mos vir jou gesê: ‘Ek gaan jou vyand aan jou oorgee en jy kan met hom maak wat jy wil.’”Dawid het opgestaan en stilletjies ’n stuk van Saul se mantel afgesny.
6 Maar nadat hy dit gedoen het, het hy sleg gevoel daaroor.
7 Hy sê toe vir sy manne: “Die Here bewaar my daarvan dat ek so ver sou gaan om my hand op te lig teen my koning, die man wat die Here vir Hom gekies het. Hy is tog die Here se gesalfde!”
8 Dawid het baie ernstig met sy manne gepraat. Hy het hulle nie toegelaat om enigiets aan Saul te doen nie. Toe Saul opstaan en uit die grot uitgaan,
9 het Dawid agter hom aangegaan. Hy het na Saul geroep: “U Majesteit!”Toe Saul omkyk, gaan staan Dawid op sy knieë en buig met sy gesig teen die grond.
10 Hy sê vir Saul: “Hoekom luister u na mense wat sê ek wil u uit die pad kry?
11 U besef tog self dat die Here u vandag hier in die grot aan my oorgegee het. My manne het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u jammer gekry en gesê ek sal nie my hand lig teen my koning nie, want hy is die Here se gesalfde.