32 Daarop sê Dawid vir Abigajil: “Die Here, die God van Israel, moet geprys word dat Hy jou vandag na my toe gestuur het!
33 Jy is ’n baie slim vrou! Dankie dat jy vandag gekeer het dat ek eie reg gebruik en ’n bloedbad veroorsaak.
34 Ek sê vir jou, so waar as die Here, die God van Israel leef: Hy het gekeer dat ek jou baie seer maak, want as jy nie so gou gemaak en my op die pad gekry het nie, sou nie een van die mans of seuns by Nabal môre die son sien opkom het nie.”
35 Dawid het die goed wat sy vir hom gebring het, aanvaar en gesê: “Jy kan maar huis toe gaan sonder om bekommerd te wees. Kyk, ek het gehoor wat jy vra, en ek sal dit vir jou doen.”
36 Toe Abigajil by die huis kom, sien sy dat Nabal besig is met ’n verskriklike drinkparty. Hy was vrolik, maar smoordronk. Sy het toe maar nie ’n woord gesê voor die volgende môre nie.
37 Die volgende môre, na hy sy roes afgeslaap het, het sy hom vertel wat gebeur het. Hy het ’n aanval gekry en was in ’n koma.
38 Omtrent tien dae later het die Here hom weer ’n aanval laat kry en is hy dood.