11 Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou oproep?”Hy antwoord: “Roep Samuel vir my op.”
12 Toe die vrou Samuel sien, het sy hard gegil. Sy het vir Saul gesê: “Hoekom het u my om die bos gelei? U is Saul!”
13 “Moenie bang wees nie,” sê koning Saul vir haar, “sê vir my wat jy sien.”Die vrou antwoord hom: “Ek sien ’n gees wat uit die onderwêreld opkom!”
14 “Hoe lyk hy?” vra Saul. Sy antwoord: “Dis ’n ou man met ’n profetemantel aan.”Toe weet Saul dis Samuel. Hy het op sy knieë gaan staan en met sy gesig teen die grond gebuig.
15 Samuel vra toe vir Saul: “Hoekom pla jy my? Hoekom laat jy my oproep?”Saul antwoord hom: “Ek is baie diep in die moeilikheid: die Filistyne maak oorlog teen my, en God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profete of drome nie. Ek het jou laat oproep om te hoor wat ek moet doen.”
16 Samuel sê vir hom: “Maar hoekom kom vra jy mý as die Here die rug vir jou gedraai en jou vyand geword het?
17 Die Here doen maar net wat ek vir jou gesê het Hy gaan doen: Hy het jou koningskap van jou afgeskeur en dit aan iemand anders, aan Dawid, gegee.