12 Op daardie dag sal Ek alles doen waarmee Ek Eli gedreig het.
13 Ek het al vir hom gesê dat Ek sy familie vir altyd gaan straf vir die sonde waarvan hy geweet het, maar waaraan hy niks gedoen het nie: sy seuns het baie lelike dinge gedoen, maar hy het hulle nie vasgevat nie.
14 Daarom het Ek vir Eli se familie gesweer: die sonde van Eli se familie sal nooit reggestel kan word met enige offer nie.”
15 Samuel het tot die môre bly lê en die deure van die Here se tempel oopgemaak. Hy was te bang om vir Eli te vertel wat in die nag gebeur het.
16 Eli roep toe vir Samuel: “Samuel, my kind, kom hier!” Hy antwoord toe: “Ja, het u my nodig?”
17 Eli vra vir hom: “Wat het die Here vir jou gesê? Moet niks vir my wegsteek nie. God sal jou baie swaar straf as jy vir my enigiets wegsteek wat Hy vir jou gesê het.”
18 Samuel het hom toe alles vertel; hy het niks geheim gehou nie. Eli het daarop geantwoord: “Hy is die Here. Hy sal doen wat Hy wil.”