4 het die Here Samuel geroep. “Ja, ek kom,” het hy geantwoord
5 en gou na Eli toe gegaan. “U het my geroep. Het u my nodig?” het hy gevra. “Nee, ek het jou nie geroep nie,” het Eli geantwoord. “Gaan lê maar weer.” Hy het toe weer gaan lê.
6 Die Here het weer geroep: “Samuel!” Samuel het opgestaan en na Eli toe gegaan en vir hom gesê: “U het my geroep. Het u my nodig?” Eli het weer geantwoord: “Nee, ek het jou nie geroep nie, my kind. Gaan lê maar weer.”
7 Samuel het toe nog nie die Here geken nie, want die Here het nog nie met hom gepraat nie.
8 Die Here het Samuel die derde keer geroep. Hy het na Eli toe gegaan en gesê: “U het my geroep. Het u my nodig?” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het.
9 Eli sê toe vir Samuel: “Gaan lê, en as Hy jou weer roep, sê jy: ‘Praat maar, Here, u dienaar luister.’” Samuel het weer op sy plek gaan lê.
10 Die Here het gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel! Samuel!”Toe antwoord Samuel: “Praat maar, u dienaar luister.”