23 “A nee a, vriende!” sê Dawid. “Só kan ons darem nie maak met wat die Here vir ons gegee het nie! Hý het ons beskerm en daardie spul rowers wat ons aangeval het, in ons mag gegee.
24 Ek is seker niemand sal met julle saamstem nie. “Óns reël is: die een wat in die oorlog baklei en die een wat by die voorrade bly, moet altyd dieselfde kry. Ons deel daarom gelykop.”
25 Dawid het dit ’n vaste reël gemaak vir die Israeliete, en van toe af tot nou toe maak hulle so.
26 Toe Dawid in Siklag aankom, het hy van die goed wat hulle by die Amalekiete gevat het, vir die leiers van Juda gestuur wat sy vriende was. Hy het vir hulle laat weet: “Hier is vir julle ’n geskenk uit die goed wat by die Here se vyande afgeneem is.”
27 Dit is gestuur na die leiers van Bet-El, Ramot in die Negev, Jattir,
28 Aroër, Sifmot, Estemoa,
29 Rakal, die dorpe van die Jeragmeëlfamilie, die dorpe van die Keniete,