1 Die Filistyne het die Israeliete aangeval. Die manskappe van Israel het vir die Filistyne begin vlug en baie is op Gilboaberg dood.
2 Die Filistyne het Saul en sy seuns ingehaal, en al drie sy seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak.
3 Toe keer hulle Saul vas. Die manne wat met pyl en boog skiet, het hom onder skoot gekry en hom ernstig gewond.
4 Hy sê toe vir sy wapendraer: “Trek jou swaard uit en steek my dood. Anders kom hierdie klomp heidene en steek my met hulle swaarde en laat my ly.”Maar die wapendraer was te bang om dit te doen. Saul vat toe sy eie swaard en pleeg selfmoord.
5 Toe die wapendraer sien Saul is dood, het hý ook sy swaard gevat en soos Saul selfmoord gepleeg.