9 Hulle het sy kop afgekap en sy oorlogsklere en wapens gevat. Hulle het mense deur hulle hele land rondgestuur om in hulle afgodstempels en vir al die mense die goeie nuus te vertel.
10 Hulle het sy oorlogsklere en wapens in die tempel van die Astartegodin neergesit en sy lyk aan die muur van Bet-San opgehang.
11 Die mense van Jabes in Gilead het gehoor wat die Filistyne met Saul gedoen het.
12 Al die manne van Jabes wat kon veg, het bymekaargekom en dwarsdeur die nag geloop om die lyke van Saul en sy seuns van Bet-San se muur af te haal. Hulle het die lyke na Jabes toe gevat en dit daar aan die brand gesteek.
13 Wat van die lyke oorgebly het, het hulle onder die tamariskboom by Jabes begrawe. Daarna het hulle ’n week lank getreur en nie geëet nie.