16 Die vyf Filistynse regeerders het dit alles gesien. Hulle is dieselfde dag terug Ekron toe.
17 Die vyf goue beeldjies van die swelsels waarmee die Filistyne die Here wou betaal, is gegee in die plek van die vyf groot dorpe van die Filistyne: Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.
18 Die goue rotte is weer gegee in die plek van al die Filistynse dorpe waaroor die vyf regeerders beheer gehad het, die groot dorpe met mure om en ook die kleiner dorpies sonder mure. Die klipplaat waarop hulle die ark van die Here neergesit het, is vandag nog daar op die stuk grond van Josua van Bet-Semes.
19 Die Here het die mense van Bet-Semes swaar gestraf omdat hulle in die ark geloer het. Hy het 70 van die 5 000 inwoners laat doodgaan. Die mense van Bet-Semes het gehuil omdat die Here hulle so hard geslaan het.
20 Hulle het gesê: “Wie kan naby die Here, hierdie heilige God, lewendig bly? Na wie toe moet die ark nóú gaan?”
21 Hulle het vir die mense van Kirjat-Jearim laat weet: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom haal hom, asseblief.”