1 Toe Samuel ’n ou man was, het hy sy seuns aangestel om regters te wees vir die Israeliete.
2 Sy oudste seun was Joël en die tweede Abia. Hulle was regters in Berseba.
3 Maar hulle het nie hulle pa se voorbeeld gevolg nie. Die twee was net daarop uit om geld te maak. Hulle het omkoopgeskenke by die mense gevat en in die hof sommer net gesê waarvan die mense gehou het.
4 Al die familiehoofde van Israel het toe bymekaargekom en na Samuel toe in Rama gegaan.
5 Hulle sê vir hom: “U het oud geword en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel dan nou ’n koning oor ons aan om ons regter te wees soos dit die geval is by al die ander nasies.”