1 In die Benjaminstreek was daar ’n man met die naam Kis. Sy pa, Abiël, en dié se voorouers, Seror, Bekorat en Afiag, het aan die Benjaminstam behoort. Kis was ’n ryk man.
2 Hy het ’n seun gehad met die naam Saul. Saul was ’n puik jong man. Daar was niemand soos hy onder al die Israeliete nie. Hy was ’n hele kop langer as die ander Israeliete.
3 Toe Kis se donkiemerries op ’n keer wegraak, sê hy vir Saul: “Vat een van die werkers en gaan soek die donkies.”
4 Saul en die werker het oral gesoek: in die bergland van Efraim en in die omgewing van Salisa, Saälim en Jemina. Hulle kon die donkies nêrens kry nie.