16 “Môre, omtrent hierdie tyd, sal Ek ’n man na jou stuur uit die stamgebied van Benjamin. Salf hom as ’n leier vir my volk Israel. Hy sal my volk vrymaak van die mag van die Filistyne. Hulle het My gesmeek om hulle te help en Ek weet goed in watter moeilikheid hulle is.”
17 Toe Samuel Saul sien, sê die Here vir hom: “Die man van wie Ek gesê het, ‘hy sal my volk regeer,’ dis hý daardie.”
18 Daar op die dorpsplein vra Saul toe vir Samuel: “Kan u my dalk sê waar die siener tuis is?”
19 “Ek is die siener,” antwoord Samuel. “Kom saam met my op na die offerplek en eet vandag saam met my. Ek sal jou môreoggend afsien, dan sal ek jou ’n geheim vertel.
20 Oor die donkies wat drie dae gelede weggeraak het, hoef jy jou nie te bekommer nie, hulle is gekry. Maar wie is die belangrikste in Israel? Is dit nie jy en jou hele familie nie?”
21 “Waarom sê u so iets vir my?” vra Saul. “Ek is maar net iemand van die Benjaminstam, die kleinste van die stamme van Israel, en my familie is die onbelangrikste van al die families van Benjamin.”
22 Samuel vat toe vir Saul en sy werker saam na die saal toe en gee vir hulle die belangrikste plek tussen die sowat 30 gaste.