22 Samuel vat toe vir Saul en sy werker saam na die saal toe en gee vir hulle die belangrikste plek tussen die sowat 30 gaste.
23 Daarop sê Samuel vir die kok: “Bring vir my dié deel van die offervleis wat ek vir jou gegee het en gevra het om eenkant te hou.”
24 Die kok bring toe die skenkel en sit dit voor Saul neer. “Dit het oorgebly,” sê Samuel. “Eet gerus, want dit is toe ek die mense genooi het, al spesiaal vir jou gebêre.”Saul het daardie dag saam met Samuel geëet.
25 Toe hulle van die offerplek af teruggegaan het dorp toe, het Samuel met Saul op die dakstoep van die huis gepraat.
26 Die volgende môre was Saul en sy werker teen dagbreek al op. Samuel roep toe na Saul op die dakstoep: “Maak klaar! Ek wil jou afsien.” Saul het klaargemaak en hy en Samuel het saam buitetoe gegaan.
27 Hulle het teen die bult afgegaan tot buite die dorp. Daar sê Samuel vir Saul: “Sê vir die werker hy moet solank vooruitgaan. Bly jy ’n bietjie staan, want ek het ’n boodskap van God vir jou.” Die werker het toe vooruitgegaan.