11 Joab het vir Abisai gesê: “As die Arameërs my wen, moet jy my kom help, en as die Ammoniete jou wen, sal ek jou gaan help.
12 Maar julle moet moed hou! Ons moet dapper veg vir ons mense en vir die dorpe van ons God. Die Here sal besluit wie hier gaan wen.”
13 Joab het met die manne wat by hom was, die Arameërs aangeval, maar hulle het vir hom weggehardloop.
14 Toe die Ammoniete sien die Arameërs hardloop weg, het hulle ook vir Abisai padgegee en in hulle stad ingegaan. Joab het toe nie verder geveg teen die Ammoniete nie en teruggegaan Jerusalem toe.
15 Toe die Arameërs sien dat hulle teen die Israeliete verloor het, het hulle al die soldate wat hulle het, bymekaargemaak.
16 Hadad-Eser het ook die soldate wat oorkant die Eufraat was, laat kom. Die hele leër van die Arameërs het na Gelam toe getrek. Sobak, Hadad-Eser se groot generaal, was die leier.
17 Toe Dawid dit hoor, het hy al die Israeliete wat kon veg, bymekaar laat kom en deur die Jordaanrivier na Gelam toe getrek. Die Arameërs was reg vir Dawid en het teen hom begin veg.