26 Ons diere moet saam met ons gaan. Daar mag niks agterbly nie. Ons moet uit ons eie diere vir die Here ons God offer. Boonop weet ons glad nie wat ons vir die Here sal moet offer voor ons eers daar aangekom het nie.”
27 Die Here het die farao maar weer laat vassteek. Hy was glad nie bereid om hulle te laat gaan nie.
28 Hy het vir Moses geskreeu: “Gee pad voor my! Ek wil jou nooit weer sien nie! As ek jou ooit weer sien, gaan ek jou doodmaak!”
29 Moses sê toe vir hom: “Jy is hierdie keer reg. Jy sal my nooit weer sien nie.”