3 Die Here het die Egiptenaars laat kopgee vir sy volk. Die koning se mense en die volk van die land was baie bang vir Moses.
4 Moses sê toe: “Die Here het gesê dat Hy om middernag deur Egipte sal gaan.
5 Deur die hele Egipte sal die eersgebore seun in elke huis doodgaan. Van die farao se oudste seun wat na sy pa koning moes word, tot by die seun van die eenvoudigste slavin wat koring maal op die maalklip, sal dan doodgaan. Selfs onder die vee sal die een doodgaan wat eerste gebore is.
6 Daar sal ’n droewige gehuil in die hele Egipte wees. Dit sal so erg wees soos dit nog nooit tevore gesien is en soos dit nooit weer gehoor sal word nie.
7 Maar niemand sal eers ’n vinger oplig teen enige Israeliet nie, teen geen mens of dier by hulle nie. So sal dit duidelik word dat die Here anders maak met die Egiptenaars as wat Hy met die Israeliete maak.
8 “Dan sal al jou leiers voor my kom kruip. Hulle sal my soebat dat ek en my volgelinge asseblief maar moet weggaan. En as dit klaar gebeur het, sal ek uit die land uit weggaan.” Moses het toe woedend van die farao af weggegaan.
9 Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nog steeds nie na julle luister nie, maar dit sal My kans gee om nog meer dinge in Egipte te laat gebeur.”