1 Die Here het ook nog verder vir Moses gesê:
2 “Julle moet die eerste seun wat ’n ma in die wêreld bring, vir My eenkant sit. In Israel behoort die een wat eerste gebore word, aan My, of dit nou ’n mens is of ’n dier.”
3 Moses het op sy beurt vir die volk gesê: “Julle moet altyd hierdie dag onthou waarop julle weg is uit Egipte. Julle was slawe in Egipte. Die Here het julle egter met sy groot krag uit hierdie land losgekry. Dit is die dag waarop julle nie brood mag eet wat met suurdeeg gemaak is nie.
4 Hierdie dag val in die maand Abib.