1 Moses en die Israeliete het toe ’n lied vir die Here gesing. Dit gaan so:“Ek wil oor die Here sing.Hy is geweldig groot.Hy gooi die perd en die oorlogswa in die see.
2 My krag en my sterkte kom van die Here af. Hy is die Een wat my verlos. Hy is my God. Ek wil oor Hom sing. Hy was die God van my voorouers. Ek wil sê hoe wonderlik Hy is.
3 “Die Here kan oorlog maak. Sy Naam waarvoor almal bang is, is ‘Die Here’.
4 Farao se oorlogswaens en sy leër het Hy in die see gesmyt.Sy beste offisiere is onder in die Rietsee.