3 “Die Here kan oorlog maak. Sy Naam waarvoor almal bang is, is ‘Die Here’.
4 Farao se oorlogswaens en sy leër het Hy in die see gesmyt.Sy beste offisiere is onder in die Rietsee.
5 Golwe het oor hulle gebreek. Hulle het soos ’n klip in die dieptes weggesink.
6 “U regterhand, Here, is verskriklik sterk. U regterhand, Here, maal die vyand stukkend.
7 U is geweldig hoog. U slaan elkeen plat wat teen U probeer opstaan. U woede kom op hulle af. Dit vreet hulle weg soos vuur droë gras verslind.
8 “U het die see opgedam toe U daarop geblaas het. Die watergolwe het gaan stilstaan soos ’n dam water. Die watergewoel het binne-in die see gaan vassteek.
9 “Die vyand het gesê:‘Ek sal Israel agtervolg en hulle aan die nek gryp. Ek sal alles by hulle vat wat ek wil. Ek sal my swaard uitpluk en hulle teen die grond vasdruk.’