11 Die Here het die lug, die grond en die see met alles wat daarin bly, binne ses dae gemaak. Op die sewende dag het die Here gerus. Die Here het daarom van die sewende dag iets besonders gemaak en dit vir Hom eenkant gesit.
12 “Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die Here jou laat bly.
13 “Jy mag nie iemand anders doodmaak nie.
14 “Jy moenie ontrou wees aan jou man of jou vrou en by iemand anders slaap nie.
15 “Jy moenie iets steel nie.
16 “Moenie vir ander mense lieg en hulle bedrieg nie.
17 “Moenie afgunstig raak op iemand anders se besittings nie. Jy moenie wens dat sy vrou of sy werkers, sy bees of sy donkie, eerder aan jou behoort het nie. Jy moenie jaloers wees op die dinge wat iemand anders het en dink dat jy dit eerder moes besit het nie.”