1 “Gee die volgende reëls vir my volk aan wie Ek My verbind het.”
2 “As ’n Hebreeuse man soveel skuld gemaak het dat jy dit vir hom moes betaal, moet die man ses jaar lank sonder betaling vir jou werk. Hy is dan jou slaaf. In die sewende jaar moet jy hom vrylaat. Hy skuld jou dan niks verder nie.
3 As hy nie getroud was toe hy by jou begin werk het nie, maar intussen getrou het, moet jy net vir hom vrylaat. As hy aan die begin alreeds getroud was, moet jy sy vrou saam met hom laat gaan.
4 As die persoon vir wie hy slawewerk doen, vir hom ’n vrou gegee het in die tyd dat hy by hom gewerk het en hy het kinders by die vrou gehad, moet hy sonder hulle vrygelaat word. Die vrou en haar kinders moet by die eienaar bly. Hulle behoort aan hom.
5 As die man wat as slaaf gewerk het, reguit sê: ‘Ek hou van my baas en ek is lief vir my vrou en my kinders. Ek wil nie vrygelaat word nie,’
6 moet die eienaar saam met hom na die Here se plek toe gaan. Hy moet hom daar teen ’n deur of deurkosyn laat staan en met ’n els ’n gaatjie in sy oor maak. As hy dit gedoen het, bly daardie man vir die res van sy lewe sy slaaf.
7 “Wanneer iemand so diep in die skuld raak dat hy sy dogter moet verkoop om slawewerk te doen, word sy nie soos manlike slawe na ses jaar vrygestel nie.