14 “As ’n persoon iemand anders se dier leen om vir iets te gebruik en die dier kry seer of vrek terwyl sy eienaar nie by is nie, moet die persoon wat die dier geleen het, die eienaar vergoed.
15 As die eienaar wel by was, hoef daar niks betaal te word nie. As hy die dier gehuur het, moet die huurgeld nog steeds betaal word.”
16 “As ’n man ’n jongmeisie verlei wat nog nie verloof was nie, en hy praat haar om om by hom te slaap, moet hy aan haar pa die bruidsprys betaal en met haar trou.
17 As haar pa volstrek weier dat die man met sy dogter trou, moet die man hom ’n bedrag geld gee. Die bedrag is dieselfde as die geld wat betaal word aan ’n pa om sy dogter te kry.
18 “’n Vrou wat haar met toordery ophou, mag nie bly leef nie.
19 Enigeen wat seks met ’n dier het, moet doodgemaak word.
20 Elkeen wat offers bring vir enige ander god as net die Here, moet doodgemaak word.