14 “Daar is drie feeste wat jy elke jaar moet hou om my Naam groot te maak.
15 Die eerste een is die fees van die brood wat nie met suurdeeg gemaak is nie. Soos Ek tevore al vir jou gesê het, moet jy sewe dae lank net kos eet wat nie suurdeeg in het nie. Jy moet die fees begin op dieselfde dag dat jy uit Egipte weg is. Dit is in die maand Abib. Elkeen wat aan die fees deelneem, moet vir My offers bring.
16 “Die tweede een is die oesfees. Jy moet dit aan die begin van die oesseisoen hou, wanneer jy die eerste graan begin oes.“Die derde een is aan die einde van die seisoen, wanneer jy die laaste deel van die oes inbring.
17 “By al drie hierdie feeste moet al die mansmense die Here jou God by sy blyplek kom aanbid.
18 “Jy moet nooit brood waarin daar suurdeeg is, saam met diere offer nie. Die vet van die dier wat jy by die fees offer, mag ook nie oud word en oorstaan tot die volgende oggend nie.
19 Jy moet die beste gedeelte van die eerste oes wat jy insamel, vir die Here na sy blyplek toe bring. Jy mag nie ’n boklam offer wat so pas gespeen is nie.”
20 “Let daarop: Ek laat die man wat Ek uit die hemel na jou stuur, saam met jou gaan om jou langs die pad te beskerm. Hy sal saam met jou gaan tot by die land wat Ek vir jou eenkant hou.